Application/Aansoek: GN/GK 1988: GG/SK 5348: 1954-10-01. Registration/Registrasie: GN/GK 187: GG/SK 5413: 1955-02-04. Date of certificate/Datum van sertifikaat 1955-03-17. (A) File/Leernr.: H4/3/1/372
Items registered/Items geregistreer: Uniform en wapen.
-- UNIFORM (COLOURS)/UNIFORM (KLEURE): (a) Kleurbaadjie: 'n Samestelling van die volgende kleure: Op 'n donkerblou agtergrond en 1 1/2 duim uitmekaar, 'n reeks gegroepeerde vertikale wit, groen, oranje; wit groen, wit; en oranje, groen, wit strepe onderskeidelik 1/4 duim, 1/20 duim, 1/4 duim; 1/4 duim, 1/8 duim, 1/4 duim; en 1/4 duim, 1/20 duim, 1/4 duim breed. (b) Oudskoliere se kleurbaadjie: 'n Samestelling van die volgende kleure: Op 'n roomkleurige agtergrond, 'n reeks vertikale strepe in donkerblou en oranje, om die beurt na 'n groen streep geplaas, onderskeidelik 1/4 duim, 1/4 duim en 1/20 duim breed met tussenruimtes van 1 1/2 duim. (c) Omboorsel: 'n Samestelling van die volgende kleure: Op 'n donkerblou agtergrond en 3/10 duim uitmekaar, 'n reeks gegroepeerde vertikale wit, groen, oranje; wit, groen, wit; en oranje, groen, wit strepe onderskeidelik 1/8 duim, 1/20 duim, 1/8 duim, 1/8 duim, 1/20 duim, 1/8 duim, 1/8 duim, 1/20 duim en 1/8 duim breed. (d) Hoedband en Gordel: 'n Samestelling van die volgende kleure: Op 'n donkerblou agtergrond en 3/10 duim uitmekaar, 'n groep horisontale wit, groen, oranje; wit, groen, wit; en oranje, groen, wit strepe onderskeidelik 1/8 duim, 1/20 duim, 1/8 duim, 1/8 duim, 1/20 duim, 1/8 duim, 1/8 duim, 1/20 duim en 1/8 duim breed. (e) Das: 'n Samestelling van die volgende kleure: Op 'n donkerblou agtergrond en 3/10 duim uitmekaar, 'n groep diagonale oranje, groen, wit; groen, oranje, wit, groen, wit strepe onderskeidelik 1/8 duim, 1/20 duim, 1/5 duim; 1/20 duim, 1/8 duim; 1/5 duim, 1/20 duim en 1/5 duim breed. (f) Serp: Dieselfde kombinasie soos by (a) hierbo maar met horisontale strepe en die donkerblou strepe 1 duim in plaas van 1 1/2 duim breed. (g) Pet: Donkerblou met twee agthoeke bestaande uit die kombinasie van kleure soos by (a) hierbo.
-- BADGE/WAPEN: (a) Skoolwapen: Binne 'n donkerblou wapen omsoom met 'n oranjekleurige rand, verskyn 'n afbeeldende voorstel- ling van 'n oop boek met silwer bladsye en 'n oranje- kleurige rand. Skuins dwarsoor die boek le 'n sleutel in oranje. Bo in die middel van die skild verskyn 'n lourierkrans in oranje en silwer. Onder die skild op 'n silwerrol met 'n oranjekleurige rand en groen agterkant, verskyn die leuse UT PROSIM in donkerblou letters. (b) Oudskolierwapen: Dieselfde soos (a) hierbo behalwe dat die wapen 'n roomkleurige agtergrond het.