Application/Aansoek: GN/GK 437: GG/SK 4799: 1952-03-07. Registration/Registrasie: GN/GK 1474: GG/SK 4880: 1952-07-04. Date of certificate/Datum van sertifikaat: 1952-07-26. (A) File/Leernr.: H4/3/1/492 Items registered/Items geregistreer: Uniform en wapen. -- UNIFORM (COLOURS)/UNIFORM (KLEURE): Kleurbaadjie: 'n Samestelling van die volgende kleure: Op 'n swart agtergrond met tussenruimtes van 2 duim, vertikale ougoud en rooi strepe elkeen 1/2 duim breed. -- BADGE/WAPEN: Op 'n swart agtergrond, 'n skild met ougoud omsoom en in twee verdeel deur 'n gebreekte asgaai in die vorm van 'n keper. In die boonste helfte op 'n swart agtergrond aan die linkerkant, die voorstelling van 'n takkie waaraan drie kersies hang en aan die regterkant 'n gerf koringare. Op die onderste helfte op 'n rooi agtergrond, die voorstelling van 'n oopgeslaande boek in ougoud met die letters C.H.S. in swart letters daarop; onder die boek verskyn die voorstelling van Clocolanberg in swart en onmiddellik daaronder op 'n rol in ougoud, die leuse VOORUIT EN VEROWER in swart letters.
Copyright©2016 NARSSA | Site Map | Disclaimer | FAQ | Archived Information
National Archives Building, 24 Hamilton Street, Arcadia | Switchboard 012 441 3200