Application/Aansoek: GN/GK 38: GG/SK 150: 1962-01-12. Registration/Registrasie: GN/GK 637: GG/SK 225: 1962-04-27. Date of certificate/Datum van sertifikaat 1962-05-16. (A) File/Leernr.: H4/3/1/1385 Items registered/Items geregistreer: Naam (name), uniform en wapen. -- NAME/NAAM: General Hertzog High School Hoerskool Generaal Hertzog -- UNIFORM (COLOURS)/UNIFORM (KLEURE): (a) Kleurbaadjie: Op 'n donkerrooi agtergrond en met tussenruimtes van 2 duim, 'n samestelling van vertikale strepe, grys-wit-blou-wit-grys, onderskeidelik 4/16 duim, 1/16 duim, 6/16 duim, 1/16 duim en 4/16 duim breed. (b) Rugbytrui: Op 'n donkerrooi agtergrond en met tussenruimtes van 6 1/2 duim en 4 3/4 duim (van bo-af), 'n samestelling van horisontale strepe om die romp, grys-wit-blou-wit-grys, onderskeidelik 5/16 duim, 2/16 duim, 8/16 duim, 2/16 duim en 5/16 duim breed, en 'n wit kraag. (c) Skoolkouse: In grys met 'n omslag van horisontale strepe, grys-donkerrooi-blou-donkerrooi-grys, onderskeidelik 1 duim, 6/16 duim, 6/16 duim, 6/16 duim en 1 1/2 duim breed. (d) Gordel: 'n Samestelling van die volgende horisontale strepe, donkerrooi-grys-wit-blou-wit- grys-donkerrooi, onderskeidelik 5/16 duim, 3/16 duim, 4/16 duim, 5/16 duim, 4/16 duim, 3/16 duim en 5/16 duim breed. -- BADGE/WAPEN: Die skild met goue rand is deursny en die boonste helfte is gedeel. Eerste kwartier, in silwer 'n gekruisde pik en graaf van blou; tweede kwartier, in blou 'n oopgeslaande boek van silwer. Onderste helfte, in silwer 'n steenkoolmynskag van blou. Op 'n donkerrooi lint met goue rand, aan die bokant van die skild die letters H.G.H. in silwer. Wapenspreuk: Op 'n donkerrooi lint met goue rand, getooi aan die onderkant van die skild, in silwer letters: LABORA ET CONFICE.
Copyright©2016 NARSSA | Site Map | Disclaimer | FAQ | Archived Information
National Archives Building, 24 Hamilton Street, Arcadia | Switchboard 012 441 3200