Application/Aansoek. GN/GK 913: GG/SK 257: 1962-06-15. Registration/Registrasie. GN/GK 1636: GG/SK 348: 1962-10-05. Date of certificate/Datum van sertifikaat 1962-10-15. (A) File/Leernr.: H4/3/1/885 Items registered/Items geregistreer: Naam, uniform en wapen. -- NAME/NAAM: Durbanville High School Hoerskool Durbanville -- UNIFORM (COLOURS)/UNIFORM (KLEURE): (a) Kleurbaadjie: In donkerblou en met tussenruimtes van 3 duim, vertikale strepe van oranje of goud, elk 3/8 duim breed. (b) Das: In donkerblou en met tussenruimtes van 1 1/2 duim, diagonale strepe van oranje of goud, elk 1/8 duim breed. -- BADGE/WAPEN: (a) Gewone wapen: Die skild is deursny en die snylyn sowel as die omlyning van die wapen is van goud. Boonste verdeling, in blou, 'n oopgeslaande boek van silwer met goue rand en daarop in swart die letters H en S. Oor die boek is geplaas 'n fakkel van silwer met 'n rooi vlam. In die onderste verdeling in blou, drie staande koringare van goud, waaiersgewys geplaas. Op die boonste rand van die skild, in goue letters: DURBANVILLE. As wapenspreuk, op 'n goudomlynde blou lint in goue letters: LABOR ORNAT. (b) Oudleerling-wapen: Die wapen soos onder (a) beskrywe, behalwe dat die oopgeslaande boek van silwer verwyder is en aan die regter- en linkerkant van die brandende fakkel onderskeidelik vervang is deur die letters HSD en OSU van silwer. -- REMARKS/OPMERKINGS: Sien vorige sertifikaat 23/1935: 615.
Copyright©2016 NARSSA | Site Map | Disclaimer | FAQ | Archived Information
National Archives Building, 24 Hamilton Street, Arcadia | Switchboard 012 441 3200