Application/Aansoek. GN/GK 1299: GG/SK 311: 1962-08-17. Registration/Registrasie. GN/GK 1925: GG/SK 378: 1962-11-22. Date of certificate/Datum van sertifikaat 1962-12-10. (A) File/Leernr.: H4/3/1/1553 Items registered/Items geregistreer: Naam, uniform en wapen. --NAME/NAAM: Laerskool Totiusdal, Pretoria --UNIFORM (COLOURS)/UNIFORM (KLEURE): (a)Kleurbaadjie: Op 'n donkergroen agtergrond en met _____________ tussenruimtes van 1 3/4 duim, 'n samestelling van vertikale strepe, goud - swart - goud, onderskeidelik 1/8 duim, 1/4 duim en 1/8 duim breed. (b)Das: Soos hierbo, maar strepe diagonaal geplaas. ____ --BADGE/WAPEN: Op 'n skild met silwerrand, kepersgewys verdeel, en waarvan die boonste seksie paalsgewys gedeel is, in goud, 'n wilgerboom in natuurlike kleure langs water wat voorgestel word deur rooi en wit golwende dwarsbalke in die skildvoet. In elk van die regter- en linkerverdelings van die boonste seksie, in rooi 'n passieblom van silwer. Op 'n goue lint met silwerrand aan die bokant van die skild, in swart letters: TOTIUSDAL SKOOL. As wapenspreuk, op 'n goue lint met bruin-omsoming, in swart letters: GROEI EN BLOEI.
Copyright©2016 NARSSA | Site Map | Disclaimer | FAQ | Archived Information
National Archives Building, 24 Hamilton Street, Arcadia | Switchboard 012 441 3200