Cape Provincial Administration: Secretariat: Municipal files (1906 - 1968)

Waarskynlik die oudste foto van Bloemfontein. Voor, heel links en agter die klipmuur heining, is huis van maj. HD Warden (later vergroot en bewoon deur pres MW Pretorius). Die wit platdakhuis daarnaas

General notes: 

Title to long - truncated: Waarskynlik die oudste foto van Bloemfontein. Voor, heel links en agter die klipmuur heining, is huis van maj. HD Warden (later vergroot en bewoon deur pres MW Pretorius). Die wit platdakhuis daarnaas is die pastorie van ds G van de Wall. Die grasdakhuis regs daarvan (waar Douglasstraat by Euniceweg aansluit) is die hoofkwartier van die Militere Klub, later die huis van W Collins. Heel regs op foto is St. Georgesstraat met die Eerste Raadsaal voor, heel regs met grasdak. Daaragter is die wit muur van die landdroskantoor. Oorkant die Raadsaal, d.w.s aan die einde van die klipmuur waar Euniceweg by St. Georgesstraat inloop, staan die latere woning van sir John Fraser. Green Lodge is regs daarvan. c.1867.

Archivist's notes: 

Geskenk deur E White, Whitesweg 33, Bloemfontein.

Lede van die Bloemfonteinse kampkomitee ("Relief Committee") voor mev. Blignaut se huis in St. Andrewstraat. Nr. 1: Hannah Steyn (later mev. Fichardt), nr. 2: Rosie Luyt (later mev. Gideon van Rooye

General notes: 

Title to long - truncated: Lede van die Bloemfonteinse kampkomitee ("Relief Committee") voor mev. Blignaut se huis in St. Andrewstraat. Nr. 1: Hannah Steyn (later mev. Fichardt), nr. 2: Rosie Luyt (later mev. Gideon van Rooyen), nr. 3: Koeks Blignaut (later mev. Mitchell), nr. 4: Polly Richter (later mev. Frans Joubert), nr. 5: Ella Fichardt (later mev. Percy Fischer), nr. 6: Hannie Richter (later mev. Greyling), nr. 7: Hannie Blignaut (gebore Steyn), nr. 8: Clara Leviseur (later mev. Abrahamson), nr. 9: Liesbet Richter, nr. 10: Babs Maree, nr. 11: Maynie Fleck, nr. 13: Irene Fraundorfer, nr. 14: Frieda Borckenhagen en nr. 15: Maude Fichardt.

Archivist's notes: 

Geskenk deur M Fleck.

Sir TC Scanlan (voor, heel regs met helmet), Eerste Minister van die Kaapkolonie, ontmoet pres. JH Brand (sittende) in Rouxville tydens sy reis na Basoetoland om 'n oplossing vir die Basoeto-probleme

General notes: 

Title to long - truncated: Sir TC Scanlan (voor, heel regs met helmet), Eerste Minister van die Kaapkolonie, ontmoet pres. JH Brand (sittende) in Rouxville tydens sy reis na Basoetoland om 'n oplossing vir die Basoeto-probleme te vind. Links van pres. Brand (met hardebolkeil) is mnr. SP de Beer, landdros van Rouxville. Reg agter mnr. De Beer is mnr. JPW Odendaal, die latere Volksraadslid vir Rouxville, wyk Onder-Caledonrivier. Agter pres. Brand is kapt. (later majoor) RFW Albrecht, hoof van die Vrystaatse Artillerie in uniform. Mnr. Piet (?) Steyn staan agter kapt. Albrecht met sy hand op laasgenoemde se skouer. Maart 1883.

Archivist's notes: 

Geskenk deur "The Friend".