Skenker: dr. NM Hoogenhout, seun van CP Hoogenhout, GRA-lid, Pretoria, 1933; 1m; 2 bande. Genootskap van Regte Afrikaners, Afrikaanse Taalbeweging gestig op 14 Augustus 1875 in die Paarl na aanleiding van 'n brief deur dr. A Pannevis op 7 September 1872 in "De Zuid-Afrikaan" oor 'n vertaling van die Bybel in Afrikaans vir die Kleurlinge, gevolg deur 'n brief direk aan die BBBG in 1874. Die stigters was dit eens dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word, maar dat die Afrikaners eers oortuig moes word dat Afrikaans wel hul moedertaal is. CF Hoogenhout en dr. A Pannevis met die hulp van "Oom Lokomotief" (DF du Toit) en in 'n mindere mate ds. SJ du Toit het die Afrikaanse Volkslied opgestel en daarop rig die Genootskappers in hul ope brief hulle manifes aan die publiek. Die volkslied en manifes verskyn in "De Zuid-Afrikaan" en word as strooibiljette onder die publiek versprei. Op Saterdag 15 Jan. 1876 verskyn die eerste aflewering van die maandblad "De Afrikaanse Patriot". In 1878 is die Afrikaanse Patriot oorgedra aan die drukkersfirma DF du Toit en Co. wat voortbestaan tot 1904. Hierdie firma het die werk van die GRA voortgesit. Die GRA het as vereniging nie meer vergader nie
Copyright©2016 NARSSA | Site Map | Disclaimer | FAQ | Archived Information
National Archives Building, 24 Hamilton Street, Arcadia | Switchboard 012 441 3200